Description
Wolf op my spoor is die nuutste boek deur Sielie Laubscher, bekroonde outeur van Donkerbosverdwaal. Hierdie boek is ‘n bundel sketse waarin die donker kant van die lewe belig word, met persoonlike vertellings wat handel oor depressie, eensaamheid, geweld en lyding. ‘n Figuurlike wolf is ‘n onafskudbare skaduwee wat op die dreigende teenwoordigheid van die bose dui. Die uitmergelende gevoel van byna-magteloosheid wat dit in die depressielyer wek, word treffend weergegee.