Description
Haar naam is Delores, sy is effens middeljarig, effens getik, heeltemal onweerstaanbaar en daar is veertien verdiepings in haar hart. Delores is ‘n uitgeweke aktrise. Sy het ‘n seun wie se vader sy nooit kan identifiseer nie, en ‘n dogter wie se vader, die groot geliefde van haar lewe, haar een aand in liefde verlaat het…
“Sy is astraal getrain om haar solar plexus te gebruik, sê haar voorvader. Sy kan leviteer ook. Haar liggaam is va ndie heel beste sterrestof geskape en haar gees is wyd soos ‘n oseaan.”