Description
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ‘n TV-span na Japan om ‘n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm oor die land waar die Rugbywereldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Kom stap weer saam met Erns, die keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!