Ritmes van ons lyf

R60.00

Christina Landman

Medium Paperback

1 in stock

Category: SKU: 26071 Tags:

Description

Watter faktore steel jou ritme? In hierdie boek stap ons saam met liefdesmaats op die pad van die liefde en lewe. Ons reis deur die landskap van passie, lyflikheid en intimiteit. Daar is vele reise wat mens onderneem – nie een meer of minder belangrik of interessant as die ander nie. ‘n Enkellopende persoon is met sy of haar lyf en seksualiteit oppad. Mense van verskillende ouderdomme is met mekaar oppad. Elke lewensfase bring nuwe afdraaipaadjies wat ontdek en onderhandel moet word. Werksomstandighede, kinders, ouers, finansies, ouderdom, siekte, beserings, dood en vervreemding van self, jou maat of jou omgewing word op hierdie roete van die lewe en liefde gekarteer. Die eindbestemming is om intimiteit van lyf en gees as leefstyl te ontdek. Om elke dag op so ‘n wyse met jouself en jou liefdesmaat op reis te wees dat jul telkens sinvolle en genotvolle intimiteit sal beleef en beliggaam – dat dit ‘n leefstyl sal word. Hierdie is ‘n reis waarop ons mekaar leer aanvoel, en die ritmes van ons harte en lywe geniet. En luister na mekaar se verhale van probleme… en oorwinnings. Onthou tog: “There is no failure, only feedback”.