Description
Rigters onder die Suiderkruis is ‘n wetenskaplik saamgestelde Skriftuurlike vertolking van die geskiedenis van die ware Israelvolk. Spesiale verwysing na die Boervolk, wat die Skriftuurlike Dogter van Sion en Dogter van Jerusalem verteenwoordig, word hierin gemaak.
Die aangrypende historiese, argeologiese, volkekundige en Skriftuurlike waarhede, wat deur die skrywer oor meer as twee dekades nagevors is, word hierin vir die eerste keer op grondige, wetenskaplike wyse behandel. Hierdeur word totale nuwe lig gewerp op talle aktuele kwelvrae van ons tyd.
Hierdie omvangryke boek handel oor die geskiedenis van God se volk en dit strek oor ‘n tydperk van byna 4 000 jaar tot hier aan die Suidpunt van Afrika. Hier het die Boervolk wortelgeskiet en ‘n volk geword. Die aanslae teen die Boerevolk word by die dag feller, maar die waarheid word tog op wonderbaarlike wyse geopenbaar.
“Die Amerikaanse historikus, C W de Kiewiet, sê dat, in teenstelling met die binneland, die verhouding tussen blank en nie-blank in die Kaapse hawestad dikwels intiem was.
“In 1822 het ‘n hele Britse militêre regiment wat ontslaan is, vir hulle Hottentot-vroue gevat. Dit is waar al die Skotse vanne onder die Kleurlinge hulle oorsprong het.
“Teen hierdie tyd was die Trekboere reeds deur bergreekse en semi-woestyngebiede verskans teen wanbeïnvloeding.”
Om werklik die ingewikkelde wêreldtoestande van ons tyd te verstaan, is die lees van hierdie boek vir elke persoon van Europese afkoms ‘n absolute moet. Die skrywer lig die historiese sluier aan die hand van die Skrif oor wat met Israel gebeur het sedert sy wegvoering.
Die onvervulde profesieë ten opsigte van die uitverkore volk, word op opsienbarende wyse uit die Skrif verduidelik.