Description
POEGAAILYF OF VONKELOOG is die belydenisse van die hygende, oorblufte vrou. Want hier sit sy met haar halstarrige rekenaar, met die verskynsel van een van haar voete wat in die middeljare deur die skoen wil groei, hier probeer sy die stofsuier by haar matriekdogter se kamer indruk; hier le sy in n kamer en staar na die vermanende muurspreke: Wat is `n
huis sonder `n moeder?