Description
Vir Oewer se mense is Jo ‘n raaisel. Sy’s nie soos ander vroue nie en voer haar stryd met haar depressielyerman alleen. Toe die allerafgryslikste tragedie haar tref, maak haar vriende haar met hul warmte toe. Veral haar predikant en geesgenoot, Arend Bester, dra haar. Maar die dorpie skeur amper in twee in ‘n heksejag wat Jo en Arend byna vernietig.