Description
‘n Bundel humoristiese kortverhale wat beloof om die leser se trane te laat loop stories wat dieper en met deernis na die mens kyk. ‘n Mens kan ‘n olifant se poot opjek. En dan weer afjek ook. ‘n Dominee kan op een enkele dag twee keer “bliksem” se. Regte ducktails het nooit na discomusiek geluister nie. Daar word vertel van ‘n baber wat op ‘n keer erens in Rustenburg se wereld verdrink het. Daar is sekerlik niks op aarde onmoontlik nie, alhoewel die beterweteriges sou sê dat dit alles leuens en ander liegstories is.