Description
Die sewe uiteenlopende karakters in die roman beleef almal hulle persoonlike vreugdes en stryde teen die agtergrond van die vreemde politiese en sosiale wereld van die sestigerjare in Suid-Afrika. Maar dis beslis nie ‘n roman as spreekbuis vir of teen die een of ander politieke bedeling nie. Dit is in heel eerste instansie ‘n boeiende menslik verhaal oor die behoud van ‘n mens se geloof in ‘n wereld waarin daar verskriklike dinge gebeur.