Description
Om sy plek in sy beroep en die samelewing vol te staan, moet ‘n man georganiseerd wees, maar terselfdertyd met inspirasie en motivering kan leef. Omdat die lewe hoe eise stel, het ‘n vyftigtal skrywers, soos Innes Benade, Hennie Stander, Johan Smit en Jaco Thom, meegewerk aan kort, kragtige oordenkings vir elke dag. Nou kan jy deur die dag herhaaldelik versterk word en hierdie krag ook na die mense om jou laat deurvloei. Die krag van God se Woord sal jou inspireer en ook help om vir die mense om jou ‘n bron van inspirasie te wees. Om jou te motiveer is daar stukke deur sukses-volle mans en vroue, soos Raymond Ackerman, Fanie de Villiers, Amy Kleinhans en Michael Mol uit die Maksiman-tydskrif.