Description
n Vervolg op Swart koring, Hambidge se eerste alternatiewe hygroman. Hier’s weer eens ’n prettige draakstekery en ’n sniksnaakse kyk na ’n skewe wêreld. Sonja Verbeek, die hoofkarakter, is so ’n titsel van alles – vermaarde Latinis, skrywer, onoortroffe
Review:
Opskrif: Nog ‘n parodie uit die pen van die geslepe Hambidge
DIE “swart luier” is ‘n vervolg op Swart koring, Hambidge se “alternatiewe hygroman” wat in 1996 verskyn het. Haar jongste alternatiewe omnibus is weer ‘n parodie, maar nou van meer gekanoniseerde genres. In die vier dele waaruit die werk bestaan, Welkom in Welkom, Spookasem, Omdraai op Kromdraai en Vermetelheid sonder grense word die bekende Welkomse Leeskringseminaar (ook al saliger) eers op die korrel geneem en vervolgens word drie bekende genres, die spookverhaal, die plaasroman en die speurverhaal, geparodieer.
Sonja Verbeek is weer die hoofkarakter wat verstrik raak in verskeie intriges en haar amperse maagdelikheid moeilik behou te midde van baldadige mans soos Mark Condor, die Jakkalsjagter, Drumpel van Drimmelen, Bart Nel en die stoere oom Sybrand uit Laat vrugte. Gelukkig is daar ‘n Tania Verwaveren as die reddende faktor wat (anders as Hettie Smit se ongelukkige hoofkarakter) altyd betyds kom en wie se batterye by wyse van spreke nooit pap word nie.