Description
Pieter Francken is n vaal middelklasmannetjie. Sy vrou is onaantreklik en dominerend. Boonop is hy ongelukkig by sy werk wat hy deur inmenging van sy manipulerende swaer gekry het. Een van sy werknemers – Daniel Cupido – is reeds vir n paar dae afwesig. Daarom ry hy op hierdie Vrydagmiddag die Kaapse vlakte in. Net om seker te maak dat Cupido veilig is, want hy het sekerlik n verantwoordelikheid teenoor die man. Maar n moord het plaasgevind. n Motor is gesteel. Die son sak en n skadunag word ingelei; n vlaktenag waarin plig en versuim vir Francken n nuwe gesig kry.