Boet se Goet

R90.00

Boet van der Hoven.

Extra Large Paperback

 

1 in stock

Categories: , SKU: 23990kh Tags:

Description

Boet se Goet bevat skilderye en verse wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie. Die verdeling van die boek in drie primêre pigmentkleure, verwys simbolies na Boet se lewe:

Geel: jongman, onderwyser en pottebakker met die aardse klei wat sy kunstenaarsgees vorm.
Rooi: sy volbloedtydperk waar sy kuns ’n eie identiteit gekry het.
Blou: donkersee-dae en sy verlange na vergange tye en drome wat gestrand het.

Die larger than life kitaarspeler wat “getrek loop oor die dorp” is tipies van iemand wat huis toe strompel na ’n Saterdagaand se drinksessie. Die euforiese gevoel van hoër trap, met dinge wat ietwat skewer as normaal voorkom, is ’n buitelynskets van Boet se veelgeskakeerde lewe.